Michael Francois Lourens

1990 - 2008
LocationBoksburg
Age18 years
Cause of DeathAccident
Date of Birth02/05/1990
Date of Death15/11/2008
Visitors825 since 13/11/2009
Creator

I LOVE YOU MY BOY....wish u were here with us all!!!

Gifts

Tributes

19 Januarie 2012

Ai, groot seun (nee, ek moet nou al se jongman). Hoe mis tannie Toekies my kind net nie. Na al die tyd ruik ek soms nog jou sigaret rook, dink ons nog baie aan al jou ondeundheid, en weet ons dat ons n skat aan die hemel afgestaan het. Vandag loop die trane sommer weer lekker. Jy was, is en sal altyd die grootste ongeslypte diamant in my spesiale juwele hart wees. Ek mis my kind elke oomblik wat ek aan jou dink. Sou ook wat wou gee om te kon sien in watter hunk en oulike hartebreker jy nie net nou al sou verander nie. Jy het ons almal 1ste vooruit gegaan, maar weet jy ek weet ons gaan mekaar weer sien. Kan nie wag vir daardie dag nie Altyd deel van my hartklop. Liefies jou innig. Mwha.***

Trudie Pienaar (Aunt)

2 weeks ago

Lente dag 2011

Hallo jou oulike ding. Mensig maar die ou girl verlang darem vandag weer net teveel na julle almal wat besluit het om ons vooruit te gaan. Jou stoute glimlaggie is verewig in ons almal wat jou so oneindig lief het se harte vasgevang. Wanneer die gemis teveel word, skinder ons tog te lekker saam oor al jou ditjies en datjies. Jy was/is/en sal altyd 1 uit n 1000 wees vir ons almal. Gister 31/08/2011 was jou mamma se verjaarsdag. Onthou jy hoe jy haar altyd bederf het met n warm bad water wanneer sy van die werk afgekom het, of met n blommetjie wat jy dalk iewers vasgele het, of met n lekker koppie boeretroos wanneer die moegheid sommer so dik oor haar gesiggie kom le het. Dankie dat my kind nog steeds elke dag vir haar uitkyk, want sy het dit soooo nodig. Mis jou net meer en meer.

Al my liefde

Tannie Toekies*****

Trudie Pienaar (Aunt)

September 1, 2011

ALTYD SPESIAAL***

Hallo jou oulike ding. Hoe mis tannie Toekies jou net nie weer vandag nie. Dink soooo baie aan jou. Wonder gereeld wat jy net nie nou sou aanvang as jy nog steeds hier tussen ons was nie.

Die lewe sal nooit weer dieselfde wees nie Mickey. Jy was die 1ste wat ons vooruit gegaan het, en jy mag dalk wel nou baie gelukkiger as ons wees, maar dit maak die seerkry nie minder nie.

Verlang elke dag na jou. Jou glimlag is vir ewig in my hart vasgevang.

Liefies jou. Mwha***

Trudie Pienaar (Aunt)

July 27, 2011

Hallo jou oulike ding.

Mensig, maar ek wens ek kon geweet het hoe jy nou al kon gelyk het. Jy is weggeneem toe jy 18 was en ons het net nou die dag jou 21ste herdenk.

Wens menige dag dat jy nog hier tussen ons kon wees. Mis jou stoute glimlaggie en al jou ondeunde poetse wat jy tog so graag op almal getrek het.

Daar is soveel hartseer en onnodige onbenullighede hier op aarde engelseun, dat ek seker daarvan is jy kyk menige dae op ons af en glimlag omdat jy baaaaiiiiieeeee gelukkiger as ons almal is.

Drukkie vir ouma Hester en al die ander bekendes en vertel hulle dat elkeen se plekkie leeg is en ons harte vol aan herrinneringe vir elkeen.

Lief jou vir altyd en mis jou nog elke dag
Mwha***

Trudie Pienaar (Aunt)

June 20, 2011

AWE SEUNA

Hallo jou oulike ding. Mensig maar ek mis jou. Wonder baie of jy en oumie Hettie na ons ook verlang, en of julle net stilweg glimlag omdat julle nie meer deel is van hierdie ou gejaagte lewe nie. Wel maak nie saak nie, kry maar lekker daar waar julle 2 liefies saam is en weet net ons almal kom nog saam met julle bly. Julle gaan tog nooit van ons kan ontslae raak nie. Jou stem is stil, jou glimlag nie meer, maar weet jy word nog steeds waardeer.

Vergeet jou nooit.

Al my liefde
Tannie Toekies***

Trudie Pienaar (Aunt)

April 7, 2011

Wow...here i am again,shouldnt have even opened this page,brings back so much pain,but at the sametime happiness...is it possible i asK!!!i miss u my boy..words cant say how much, and i love u even more,not much is as lucky to have a gaurdian angel like you,it scares the hell outa me to see how fast time has gone by, is one more time really that much to ask, but thats life hey,gotta keep going!!!i'll cherise evry moment i ever had with you, and ill hate myself for every moment i didnt!!i got so much hate in me i feel i can kill someone,the tricky part is getting a way to live with it!! i love u,wish you were here brother man...

Thys Lourens (Brother)

February 3, 2011

Hallo groot seun ( of moet ek nou al se jongman) Hoe verlang ek net nie my kind nie. 15/11/2010 was dit 2 jaar. Herrinneringe, verlange, liefde, wense, het ek maars, maak nie saak wat nie - alles spoel altyd deur my gedagtes. Ek mis jou Mickey, en as tannie Toekies die tyd kon terug draai, sou ek dit met die grootste liefde gedoen het. Jou weggaan het n ongelooflike leemte in ons lewens gelos. Kon ek maar nog een maal jou stem hoor, of daai stoute giggel laggie. Maar dit is ons nie meer beskore nie. Ek glo dat jy gelukkiger is as ooit. Jy het ons wel vooruit gegaan, maar ons sien jou weer. Oumie Hettie is alreeds saam met jou, en ek kan my net indink die poetse en grappe wat julle uitdink vir elkeen van ons. Jy is wel nie meer deel van hierdie wereld nie, maar is verewig in my hart gemessel.

Altyd lief vir jou*******

Trudie Pienaar (Aunt)

November 16, 2010

Verlange...............

Hoe seer maak verlange net nie. Na amper 2 jaar verwag ons (na al die stories van - Toemaar met tyd raak dit beter) dat die seerplekkie n rofie behoort op te kry, maar helaas die gemis is meer, die seerkry party dae onuithoudbaar. Mickey, hoe geseend was ons net nie dat ons die voorreg gehad het om jou 18 jaar lank deel van ons lewens te kon he nie. Altyd in ons harte***

Trudie Pienaar (Aunt)

September 3, 2010

Vandag 29/06/10 dink ek onophoudelik aan ons seun. Die verbystering van jou skielike weggaan is stadig maar seker besig om in aanvaarding te verander, maar die verlange na jou stil glimlaggies, jou stoute vonkelende ogies en jou onverskrokke mannewales is vir altyd by ons. Mikey, hoe graag sou ek nie met jou wou plekke ruil nie. My lewe is al halfpad geleef, joune het nog met alles voor jou gele. Wanneer die verlange teveel word kyk ons gate in my kind se foto's. Ek ruik jou nog elke dag (daai ligte tabakreuk wat so uniek aan jou was) gesels met jou foto wat teen my muur hang. Lief jou vir ewig en mis jou nog elke dag.

Trudie Pienaar (Aunt)

June 29, 2010

I LOVE U MY BOY!

On sunday it will be a year since u left us, and a year since my world crashed!! I'd give anything
just to see or touch you one more time, I miss you madly my boy, and it makes me so mad sometimes,
but what can i do hey, i guess i have to be happy.......you in a better place hey!! I still feel u
around me all the time, sometimes much stronger than other times, just wish i could speak to u, just
wanna share a smoke or something m boy!! i'll be having something for you on sunday hey, in memory
of you, i hope u join us!! you touched many lifes my boy........and u still do!! I still think u
left us too soon!! I LOVE YOU BROTHER, ALWAYS WILL!!!! bad boys for life!!!

Thys Lourens (Brother)

November 16, 2009
Click here to see all Tributes
From Admin
From Admin
From Linda